Tuesday, April 28, 2009

ROMANZA - ROFL

1.

Skielik tuimel die vertrek om Jana. Dit voel asof iemand haar ‘n vuishou in die maag gegee het. Sy sit oorkant haar beste vriendin, Marissa, in die klein koffiewinkeltjie op kampus en voel hoe haar wereld in duie stort. Hoe alles wat sy geglo het, gehoop het, liefgehad het, in die niet verdwyn… asof dit in elk geval nooit was nie. Haar gedagtes mael en kolk in haar. Hoe kon sy so dom wees? Hoe kon sy dit nooit besef het nie? Nee! Dis nie waar nie. Maar sy kan in Marissa se oe sien, dat dit die waarheid is. Haar trouman, haar droomman, die enigste man wat sy in haar twee-en-twingtig jaar op aarde, regtig liefgekry het; is ‘n groot stuk valsheid, ‘n leuen. Charl, kreet dit in haar. Die pyn is amper fisies. Die skok laat haar bleek bly sit en staar deur die mure van die koffiewinkel. Haar gedagtes gaan terug na die dag wat sy hom ontmoet het, meer as ‘n jaar gelede:

Dit was die begin van die lente en die bome het kleurryk in Tomstraat gebloei en op kampus kon mens die bloeisels aan blomme sien uitspruit en alles het vertel van ‘n nuwe begin. Die lug het geruik na ruim beloftes en hoop. Sy het lig en vrolik gevoel, ten spyte van die gemis wat daar in haar lewe was. Sedert sy op kampus gekom het, op ouderdom agtien, het sy steeds nie ‘n vaste vriend gehad nie. Daar was hier en daar ‘n outjie saam wie sy na funksies en koshuisdinees toe gegaan het, maar niemand het tot haar gespreek nie. Sy en Marissa het soos vandag koffie gedrink in die Jonge Akker. Sy was laat vir klas en het oorhaastig opgestaan en haar boeksak gegryp en oor haar skouer geswaai. Met die swaai het sy die beker koffie wat op die tafel langsaan staan op die arme man wat daar gesit het, se skoot omgegooi. Dit was Charl, met die donker oe en die ligte vel en die sagte mond. Sy het vreeslik omverskoning gevra. Hy het net gesit en lag.

Sy was dadelik verlore toe sy in sy oe kyk… dit was half-spottend, peinsend, dringend. Dit het haar dadelik lam laat voel. Hy het haar vergewe op die voorwaarde dat sy na klas saam met hom koffie sal gaan drink iewers. Dit was die begin van hul verhouding. Die begin van alles waarvan sy gedroom het vir haarself.

Jana herinner haarself aan die dag wat sy gehoor het haar pa is oorlede in die motorongeluk. Sy was tien en haar ma het seer en tengerig voor haar gestaan, haar dadelik omhels en toe vertel. Hierdie skok en pyn herinner haar nou weer aan daardie dag se gevoel van verlies. Daardie dag se skok en pyn. Daardie dag se gevoel van: “Wat doen ek nou, noudat hierdie met my gebeur het?”

Skielik kyk sy terug in Marissa se oe: “Ek glo jou nie, ek sou tog al lankal uitgevind het. Ek is mos nie dom nie, iets, iets sou my mos daarop gewys het dat hy getroud is… Ek dink jy praat van die verkeerde Charl Engelbrecht. Dit kan beslis nie my Charl wees nie!”
Marissa stry nie met haar nie. Sy laat haar begaan. Ontkenning is deel van die proses waardeur Jana nou moet gaan. Sy bestel net nog koffie. Strek haar hand oor die tafel uit en vat Jana s’n in hare vas: “Ek is altyd hier vir jou, vriendin…”

Jana se hand bewe in Marissa s’n, skielik kan sy dit nie keer nie, sy begin huil. “Ek het hom geglo! Hy was my lewe, my alles!”
“Ek weet, ek weet,” troos Marissa, “daar sal weer iemand spesiaal oor jou pad kom, die regte een wag op jou.”
“Nee, ek wil niks met mans te doen he nie. Dit maak te seer. Om lief te he, is ‘n seer besigheid.” Jana trek haar skouers regop, gooi haar blonde hare weg oor haar skouer en staan op van die tafel. “Ek stick jou vir hierdie koffie… ek moet nou gaan, ek skryf nog my laaste vak more, so, ek moet nog ‘n paar uur se swottery inwerk vanaand.”
Marissa staan ook op: “Ek is regtig jammer dat ek die een was wat jou vertel het van Charl… ek kon dit self nie glo nie, maar as jou vriendin kon ek nie stilbly en jou verder laat seerkry nie.”
“Ek verstaan,” se Jana,”en ek sal okay wees belowe.”
Marissa staan op en gee Jana ‘n vinnige drukkie voor die twee skei en elkeen hul aandag aan hul studies gaan wei. Deur die jare op kampus het hulle baie na aan mekaar gegroei en hul vriendskap beteken baie vir beide. Charl was nooit vreeslik genee met Marissa in Jana se lewe nie, hy wou meestal al haar aandag he en dit het hom gepla dat daar “girly-stuff” was wat Jana saam met Marissa wou doen. Hy wou soos die Engelse se haar “be all and end all” wees. Gelukkig het Jana gesorg dat haar vriendskappe in plek bly. Min het sy geweet hoe nodig sy nog Marissa se vriendskap sou kry na Charl se verraad.
`
-------------------------------------------------------------------------------------

Jana gaan terug na haar koshuiskamer om agter die boeke in te skuif, maar sy kry dit nie reg om te studeer nie. Haar kop bly by die gedagte aan Charl wat so lank reeds vir haar gelieg het. Klaarblyklik het hy twee kinders ook. Hoe kon sy dit nie geweet het nie? Potchefstroom is nie ‘n groot stad waar mense sommer kan wegraak en wegkom met so ‘n leuen nie. Iewers sou sy mos gehoor het in die afgelope jaar dat hy getroud is. Sy besef skielik hoe goed hy dit geheim gehou het. Sy dink terug aan hul tyd saam en besef dat daar sekere plekke was wat hy vermy het, dat hy soms oor naweke net nie beskikbaar was nie. Sy het geglo hy werk hard. Sy voel skielik intens jammer vir sy vrou. Sy kinders. En sy voel skuldig omdat sy “die ander vrou” was, hoewel onwetend.

Sy gaan le op die smal bedjie in haar koshuiskamer en druk haar gesig in die kussing. Dan begin sy huil. Sy treur oor ‘n hele toekoms saam wat nou daarmee heen is. Sy huil uit frustrasie ook, met haarself en haar onvermoe om te aanvaar dat hierdie droom in skerwe gespat het. Skielik sit sy regop. Sy vat haar Bybel en gaan lees weer 1 Korintiers 13 oor die liefde en besef dat Charl jaloers was, nie opreg was nie, daar is soveel dinge waarmee hy tekort geskiet het. En sy besluit dat as dit ooit gebeur dat sy weer haar hart verloor op ‘n man, sy sy liefde sal meet aan die Bybelse standaard. Dat sy haar nie weer gaan laat mislei deur haar hart nie.

Dan gaan sit sy agter haar lessenaar en trek haar handboeke nader. Sy skryf oor twee dae haar laaste vak vir die kursus om ‘n prokureur te word. Sy het tot dusver goed gedoen in al haar vakke, sy gaan nie toelaat dat hierdie ding veroorsaak dat sy swak doen in haar laaste vak nie. Sy trek haar notaboeke nader, haar handboeke en ‘n pen en eksamenblok. Dan begin sy studeer en vergeet van die seer wat steeds in haar klop soos ‘n oop wond.

Sy weet sy sal Charl moet laat weet dat dit verby is tussen hulle, maar vir nou wil sy fokus weg van dit af en vir eers nog wag tot sy sterk genoeg is om hom in die gesig te staar en weg te stuur. Om sterk en eerlik voor hom te staan, om anders as hy te wees. In haar hart weet sy dit gaan nie maklik wees nie, maar sy weet ook dat sy die tipe vrou is wat in eerlikheid wil leef. En sy glo dat sy sterker hier gaan uitstap, sy gaan nie toelaat dat dit haar verpletter nie. Jana staan op en gaan was haar gesig, spoel die trane af en laat toe dat gevoel van gelatenheid oor haar spoel.

Jana trek weer die boeke nader, bind haar blonde hare vas in ‘n vlegsel laag in haar nek en begin weer studeer. Dan is daar ‘n vinnige klop in haar deur en die deur word oopgemaak. Nog voor sy omkyk, weet sy dis CHarl. Sy ken sy manier van klop en dadelik inkom. Dit is nogal iets wat haar geirriteer het van hom, die feit dat hy altyd aangeneem het hy kan net inkom. Haar hart gaan staan stil vir ‘n sekonde. Sy sukkel skielik om asem te haal. Wel, dan het die tyd vinniger aangebreek as wat sy gedink het. Nou moet sy sterk wees, praat sy haarself moed in. Sy draai om en kyk in sy oe, ‘n ou hunkering ontstaan in haar, maar sy veg daarteen. “Ek weet,” is al wat sy se. Hy kom nader om haar te soen-groet, maar sy stoot hom weg. “Nee, bly weg van my…” Sy kan sien hy verstaan nie wat aangaan nie, hy snap nie wat haar woorde beteken nie. “Jy is getroud. Dit is verby tussen ons, gaan terug na jou vrou toe… ek weier om verder deel van jou leuen te wees…” Sy staan op van die lessenaar en gaan staan direk voor hom, daar is geen verwyte in haar nie, sy weet net met ‘n skielike sekerheid dat sy die regte ding wil doen. Hy trek haar in sy arms in, sy stoot hom weg en se ferm:”Nee, Charl!” “Wat is dit? Ek het spesiaal gekom om jou te sien, want ek verlang my dood!” se hy en maak asof hy nie gehoor het dat sy weet hy is getroud nie. “Ek wil he jy moet gaan en nooit ooit weer terugkom nie. Moet my nie bel nie, moet my nie opsoek nie… gaan nou.” Charl draai verstom om en loop na die deur: “Ek het nie besef jy is so verkramp nie. So what as ek getroud is?” Sy se niks, hou net die deur vir hom oop en beduie dat hy moet loop. Hy draai stadig om en stap uit: “Ek sal jou kontak wanneer jy oor die skok is, ons kan ‘n plan maak om tog saam te wees…” se hy toe hy uitloop.

Jana stoot die deur met ‘n diep innerlike sug toe. Sluit dit dadelik. Dan gaan sit sy op haar bed en voel hoe sy begin bewe van ontsteltenis. Sy arrogansie! Sy is skielik bly en dankbaar dat Marissa haar vertel het, dat sy ontslae is van hom. Sy wil hom nooit weer sien nie. Hierdie was die laaste keer.

Sy keer terug na haar boeke, haar studies, die rede waarom sy op kampus is. Sy gaan steeds goed doen, sy gaan nie toelaat dat hierdie ding ‘n negatiewe effek op haar studies he nie.

2.

“Vriendin,” se Marissa, die dag nadat hulle hul laaste vak geskryf het,”ek het ‘n plan…” “Hmmm, jou planne is altyd goed, vertel vertel…” glimlag Jana oor ‘n beker koffie vir haar. “My neef werk op ‘n wildsplaas en hy het ‘n chalet beskikbaar oor Desembermaand. Hoe lyk dit, stel jy belang? Die natuurskoon is fantasties daar en jy sal kan rus voor jy in Januarie moet begin werk.” Die impulsiewe kant van Jana is dadelik reg met ‘n “ja, ek wil asseblief gaan vakansie hou op die wildsplaas.” Marissa glimlag saam. “Jy gaan dit geweldig geniet en vat jou palet en skilderdoeke saam, pak daai verfkwassies in, jy gaan heerlik kan skilder!”

3 comments:

  1. Gaan die twee girls by mekaar uitkom??? hmmmm, eish

    ReplyDelete
  2. ek glo nie, dink hierdie gaan 'n straight storie wees. Sal te predictable wees uit die pen van Marlize Hobbs indien die 2 girls by mekaar uitkom, en onder normale omstandighede is sy alles behalwe predictable. Dis my opinie...

    ReplyDelete
  3. jys helemal reg liez... natuurlik MOET dit i straight storie wees as ek dit enigsins verkoop wil kry

    ReplyDelete