Friday, August 6, 2010

...SODAT JOU SKOUERS VLERKE KAN KRY...

EK WONDER OF JY SLAAP
 
Ek wonder of jy slaap

Jou voorhoof is ‘n heuwel
Waarop skape wei
Teen jou slape klop ‘n onvergeetlike pols

Ek is leeggebloei:


Ek lees die lyne van jou lippe
Soos woorde

En sidder

Hoe maklik is dit om liefde
Boos
Te maak?

Is god dan werklik dood
En jy die engel
Wat my kom vertel…?

Ek wonder of jy slaap

Die deining van jou bors
‘n eindelose see van eb en vloed
en daardie gleufie waarin skadus skuil

Ek het opgehou asemhaal

Eenkeer het jy my stories van vlinders vertel
Toe ek kosbaar en mooi was
Voor jy geweet het dat jy van die begin af geweet
Het: my wil jy nie he nie


Ek wonder of jy slaap

En as jy doen
Droom jy,
Droom jy al wegter van my

Sodat jou skouers vlerke kan kry?

No comments:

Post a Comment