Friday, August 6, 2010

van die verhale in my palm

Miskien was jy ‘n feetjie
In my handpalm
Waar ons paaie gekruis opgeteken le

Die paadjies is gebroke
Soos iets oud en vooruitbestem
Ek bestudeer my eie lewenspad

Wie kerf die storie
In palms?
Daardie geheime wat slegs sieners onthul…

Ek sien jou in my palm
Soos ‘n unieke afdruk
Die beeld is helder en seer

Ek knyp my oe styf toe
Teen die onvermydelike verhaal:

Ek wil nie meer weet van die stories
Wat my kronkelpaadjies vertel nie…


No comments:

Post a Comment